Aartappel-gnocchi met basiliekruidpesto
Ingredients
- Bestanddele
- • 1 kg aartappels, ongeskil
- • 2 eiers, liggies geklop
- • 530 ml (2 k + 2 e) koekmeel
- • 15 ml (1 e) sout
- • gemaalde swartpeper
- • 60 ml (¼ k) fyn parmesaan
- • 30 g (1 houer) basiliekruidpesto
Instructions
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Kook heel, ongeskilde aartappels tot sag maar nie pap nie.
2. Droog die aartappels vir 30 min. in die oond uit. Skil terwyl hulle nog warm is en druk in ’n groot mengbak fyn.
3. Maak ’n holte in die middel van die aartappels en sit die eiers, meel, sout, peper en parmesaan in die middel. Meng goed.
4. Verdeel die deeg in 4 dele en rol elk in ’n lang worsie op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Sny in 1 cm-wieletjies en rol liggies in balletjies. Moenie die “deeg” te veel hanteer nie. Druk elke balletjie met jou duim oor die agterkant van ’n vurk of ’n outydse houtbotterspaan met riffels sodat die sous aan die gnocchi kan klou.
5. Bring ’n groot kastrol halfvol water tot kookpunt. Draai af tot die water prut en kook die gnocchi in sarsies. As die gnocchi na bo dryf, is hulle gaar. Skep met ’n gaatjieslepel uit en kook die res in dieselfde water.
6. Sit warm voor met basiliekruidpesto en vars basiliekruidblare.