Serves:Maak 1 groot tertNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Aartappeldeeg
125 ml (½ k) sagte botter
250 g (sowat 2 middelslag-) gaar aartappels, fyn gedruk
500 ml (2 k) koekmeel
1 eiergeel, geklop
knypie sout
10 ml (2 t) bakpoeier
Gekaramelliseerde uie
45 ml (3 e) botter
3 uie, oorlangs in dik skywe gesny
hand vol tiemieblare
sout en gemaalde swartpeper
Vulsel
2 hande vol babaspinasie
6 middelslagaartappels, halfgaar gekook met skil en papierdun gesny
300 g mozzarella, papierdun gesny
hand vol roketblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 ºC. Spuit 'n 23 cm x 33 cm-bakplaat met kleefwerende kossproei. 1. Aartappeldeeg: Meng die botter, aartappels, koekmeel, eier, sout en bakpoeier. Knie die deeg op 'n meelbestrooide werkvlak tot dit bymekaar kom. Bedek en sit vir 30 min. in die yskas. 2. Gekaramelliseerde uie: Smelt die botter in 'n pan oor matige hitte, voeg die uie by en braai tot gekaramelliseer. 3. Druk die deeg in die bakplaat uit. Strooi die babaspinasieblare bo-oor. 4. Vulsel: Pak rye aartappelskyfies en mozzarella wat oorvleuel op die spinasie. Herhaal tot die hele tert bedek is. 5. Versprei die gekaramelliseerde uie bo-oor en bak vir 30-40 min. tot goudkleurig en gaar. 6. Sit voor met roketblare bo-op.