Voorverhit die oond tot 200 ºC. Spuit 'n 23 cm x 33 cm-bakplaat met kleefwerende kossproei.Aartappel-en-uietert
Ingredients
Instructions
1. Aartappeldeeg: Meng die botter, aartappels, koekmeel, eier, sout en bakpoeier. Knie die deeg op 'n meelbestrooide werkvlak tot dit bymekaar kom. Bedek en sit vir 30 min. in die yskas.
2. Gekaramelliseerde uie: Smelt die botter in 'n pan oor matige hitte, voeg die uie by en braai tot gekaramelliseer.
3. Druk die deeg in die bakplaat uit. Strooi die babaspinasieblare bo-oor.
4. Vulsel: Pak rye aartappelskyfies en mozzarella wat oorvleuel op die spinasie. Herhaal tot die hele tert bedek is.
5. Versprei die gekaramelliseerde uie bo-oor en bak vir 30-40 min. tot goudkleurig en gaar.
6. Sit voor met roketblare bo-op.