kategorieë: GebakKos

Aarbei-teebroodjie met suurlemoenversiersel

Genoeg vir 2 middelslag-broodjies of 6 klein broodjies in klein broodpannetjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het klein broodpannetjies in die supermark opgespoor en ons broodjies daarin gebak. Koop klaarbereide versiersuikerblommetjies by spesialiteitsbak-winkels of tuisnywerhede. Jy kan ook delikate, handgemaakte blommetjies by ’n koekversieringsgilde bestel om jou teekoekies te verfraai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 250 ml (1 k) sonneblomolie
  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 250 ml (1 k) aarbeijogurt
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 500 ml (2 k) bruismeel, gesif

Versiering

  • 125 ml (½ k) suurlemoensap
  • 250 ml (1 k) versiersuiker, gesif

Metode

Voorverhit die oond tot 160°C. Spuit 6 klein broodpannetjies of 12 muffinpannetjies met kleefwerende kossproei.

  1. Klits die sonneblomolie en suiker saam. Voeg die eiers by en klits tot lig en romerig.
  2. Roer die jogurt, suurlemoensap en skil by. Sif die meel en vou by die mengsel in.
  3. Skep die beslag in die voorbereide pannetjies en bak vir 20 min. tot goudbruin. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.

Versiering

  1. Meng die suurlemoensap en versiersuiker en skep oor die broodjie.
  2. Pak die versiersuikerblommetjies op die broodjies voordat die suurlemoenversiersel heeltemal set.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.