Genoeg vir 6 groot lekkers
• 165 g (1¹⁄³ k)
• strooisuiker
• 160 ml (²⁄³ k) vloeibare glukose
• 15 ml (1 e) aarbeigeursel
• 6 roomysstokkies
Spuit 2 plat metaalbakplate met kleefwerende kossproei.
1 Verhit die suiker en glukose vir 6-7 min. in ’n middelslagkastrol oor lae hitte, of tot die suiker opgelos is. Moenie roer nie.
2 Bring die stroop tot kookpunt en prut vir 7-8 min. tot dit die hardekraak-stadium op ’n suikertermometer bereik. Dit moet ’n ligbruin karamelkleur hê.
3 Verwyder van die hitte en roer die kleursel en aarbeigeursel by. Vorm die stokkielekkers volgens die aanwysings hier onder.
4 Laat die stokkielekkers kliphard word voordat jy hulle van die bakplaat haal.