Aanraking is goed vir jou deur Salomé Delport. Foto: Unsplash
Waar kry jy jou drukkies?
Aanraking is vir ons emosionele moedersmelk maar dit is ook fisiek goed vir ons. Dit verminder byvoorbeeld die inflammasie wat aan hartsiektes en Alzheimersiekte gekoppel word.
Maar waar kry jy drukkies as jy enkellopend of bejaard is? Selfs mense binne huwelike gee nie noodwendig daagliks vir mekaar drukkies nie.
Navorsing wys ander soorte kontak tel óók.
Probeer een van hierdie oplossings
- Hou iemand se oog ’n paar sekondes.
- Sit jou hand op iemand se arm of skouer wanneer jy met hom of haar gesels.
- Groet mense met ’n drukkie, eerder as met ’n soen.
- Gee jouself ’n drukkie. Omarm jouself.
- Masseer jou kopvel of jou voete.
- Druk met jou een hand jou ander arm van jou hand tot by jou skouer.
- Kry ’n kat of hond. Hulle hou van aanraking, en vly hulle graag teen ’n menselyf aan.
Lees ook: Jou hond is jou beste oefenmaat!