Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Schwagele van CRPhotographic
Heilsame ramensop
Ingredients
- 3 e (45 ml) olyfolie
- 2 e (30 ml) botter
- 1 heel hoender van 1,5-1,75 kg
- 1 ui, fyngekap
- 1 e (15 ml) fyngekapte knoffel
- 2 liter water
- ¼ k (60 ml) vissous (kyk by die Oosterse produkte in die supermark)
- ¼ k (60 ml) sojasous
- 2 wortels, geskil en met ’n groenteskiller in dun repies gesny
- 10 babapreie, in die lengte deur gesny en deeglik gewas
- 1 baba-perskool, in dun repies gesny
- 2 hande vol babaspinasie
- 4 klein beetjies, in papierdun skyfies gesny
- ¼ botterskorsie, geskil en gerasper
- 2 pakkies (500 g) eiernoedels
- 4 saggekookte eiers (3-4 min.), afgedop en middeldeur gesny (opsioneel)
- ’n hand vol vars koljanderblare vir die opdiening
Instructions
- Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol met ’n inhoudsmaat van 3 liter. Geur die hoender met sout en braai tot goudbruin - sowat 4 min. aan elke kant. Haal uit en hou eenkant.
- Braai die uie vir 2-3 min. Voeg die knoffel by en braai vir nog 2-3 min. of tot die uie sag en gaar is.
- Sit die hoender terug en gooi genoeg water by tot die hoender bedek is.
- Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 30-40 min. Skep die skuim gereeld af.
- Lig die hoender uit die sop en laat afkoel.
- Voeg die vis- en sojasous by die hoenderaftreksel en laat prut verder oor lae hitte.
- Trek die hoendervleis met twee vurke van die karkas af en skeur in repies. Sit die hoendervleis terug in die aftreksel, saam met die noedels en preie.
- Laat die sop vir 8-10 min. prut tot die noedels gaar is.
- Skep die sop in opdienbakkies en verdeel die vars wortels, preie, kool, spinasie, beet en botterskorsie tussen die bakkies en sit elkeen voor met ’n saggekookte eier en vars koljanderblare.
Catherine Schenck