Geen-knie focaccia met vye en bokmelkkaas. Deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele/CRPhotographic
Genoeg vir 6 – 8
Voorafgisting
Begin reeds die vorige dag met die brood. Begin met die voorafgisting (poolish). Die mengsel word die dag voor die tyd al gemaak en verseker dat die focaccia geurig en gisagtig smaak.
- 340 g broodmeel
- 1 ml gis
- 360 ml water
- Meng al die bestanddele met ’n houtlepel in ’n groot mengbak tot glad. Bedek met kleefplastiek en laat by kamertemperatuur tot dubbel die grootte rys.
- Sit oornag in die yskas.