Die Bosch AutoCook
Maak gebruik van die nuutste induksietegnologie, drukkook en stoomdruk om geregte moeiteloos voor te berei met die Bosch AutoCook. Hierdie toestel is ’n ware omvattende toestel wat kan kook, braai, sous-vide-kook en nog baie meer. Én jy kan boonop jou kooktyd met die helfte verminder en jou nog ekstra tyd spaar!
Enigeen kan kook
Met die AutoCook kan jy totsiens sê vir ’n aanhoudende geroer en pot dophouery. Al wat jy hoef te doen is die bestanddele in te sit, ’n knoppie of twee te druk en siedaar! Die Bosch AutoCook maak vanself die dis perfek gaar terwyl jy ’n bietjie asem skep. Boonop is die bak kleefvry en maklik om te was en alle plastiek wat met voedsel in kontak kom, is BPA-vry.
- Vinnige en smaaklike resultate te danke aan die induksie-, stoom- en drukkooktegnologie
- Kook met die druk van ’n knoppie
- 50 voorafgeprogrammeerde programme om ’n wye verskeidenheid geregte vinnig en maklik voor te berei
- Stel die tydmeter om die gereg teen ’n sekere tyd klaar te hê, asook ’n warmhou funksie
- Ingesluit is ’n resepteboek met 100 internasionale resepte
- Twee verpersoonlike programme vir jou eie, gunsteling geregte
- Dubbellaag stoom- en driepbraaimandjie ingesluit
- Spaar tyd
- Bedien die hele familie met ’n 5-liter kapasiteit
Laat Bosch AutoCook die harde werk doen – en geniet jý die geregte.