Geniet die Suid-Afrikaanse kontemporêre botaniese kunsuitstalling wat 220 kunswerke van 82 kunstenaars ten toon stel. Hierdie kunswerke beeld Suid-Afrika se diverse inheemse plantspesies uit. Besoekers sal ook ’n digitale voorstelling van die uitstallings van al 25 deelnemende lande kan besigtig.
Besoekers kan deelneem aan enige van die begeleide toere wat op 18, 19 en 26 Mei en 2 en 9 Junie 2018 sal plaasvind. Besoekers kan ook afsprake maak vir begeleide toere op ander datums.
Top- Suid-Afrikaanse kunstenaars sal ook openbare verfdemonstrasies (in verskeie mediums) hou op die volgende datums: 18, 19, 26 Mei en 2 en 9 Junie 2018.
Hierdie uitstalling sal plaasvind by die Everard Read-galery in Johannesburg en dit duur van 17 Mei tot 9 Junie 2018. Besoek die webblad of stuur ’n e-pos aan [email protected]