Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Charles Russel en Lee Schwagele crphotographic.co.za
Genoeg vir 6
- 6 eiers vir 4 min. gekook, afgedop
- 2 e (30 ml) olyfolie
- 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
- 1 pakkie (250 g) sampioene, fyngekap
- 1 e (15 ml) vars tiemie van die takkies afgestroop
- 1 t (5 ml) neutmuskaat
- 1 ui, fyngekap
- 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
- 1 k (250 ml) gort
- ½ k (125 ml) witwyn
- 2 k (500 ml) hoenderaftreksel
- 2 e (30 ml) botter
- 4 e (60 ml) parmesaankaas, fyngerasper
- sout en gemaalde swartpeper na smaak
Krummellaag
- 1 liter olie vir diepbraai
- 4 eiers, liggies geklop
- 1 k koekmeel in ’n vlak bakkie gegooi
- 2 k panko-broodkrummels
- Verhit 1 e (15 ml) van die olyfolie oor matige hitte. Braai die knoffel, sampioene, tiemie en neutmuskaat daarin tot sag en gaar. Skep uit en hou eenkant.
- Gooi 1 e (15 ml) olie in dieselfde kastrol. Braai die uie vir 1-2 min. oor matige hitte.
- Braai die gort en uiemengsel vir sowat 2-3 min. Gooi die wyn by en kook vir 1-2 min. of tot die wyn effens weggekook het.
- Voeg die aftreksel by en laat die mengsel vir sowat 40 min. oor lae hitte prut tot die gort sag en gaar is. Roer gereeld.
- Trek die gortmengsel van die hitte af en roer die botter, parmesaan en sampioenmengsel by. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Laat afkoel.
- Verhit die liter olie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
- Sit 2-3 e (sowat 45 ml) van die gortmengsel in die palm van jou hand. Sit ’n saggekookte eier versigtig op die mengsel en sit nog 2-3 e (sowat 45 ml) van die gortmengsel daarop sodat die eier toegevou is.
- Rol die toegevoude eier in meel, doop in die eier en rol laastens in die panko-broodkrummels.
- Braai die eiers tot goudbruin in die olie. Haal versigtig met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor en versier met kruie-blaartjies uit die tuin.