Deur Catherine Schenck. Foto: pixabay.com
Henri Schoeman is die eerste Suid-Afrikaner wat vanjaar ’n goue medalje op die Statebondspele verower het. Hy het die driekamp in ‘n tyd van 52:31 gewen. Die Australiër Jacob Birtwhistle was tweede (52:38) en Marc Austin van Skotland derde. Schoeman het by die 2016 Olimpiese Spele ’n brons medalje gewen.
Congrats to @H_Schoeman for the ? in #GC2018 ?@JakeBirtwhistle and?@marcja94 What a race!! pic.twitter.com/UjfyHyRIcf
— World Triathlon (@worldtriathlon) April 5, 2018
Die 2018 Statebondspele, wat vanjaar by Australië se Goue Kus plaasvind, het gister amptelik geopen en duur tot 15 April 2018.
Kyk hier na die volledige skedule vir die Statebondspele.
driekampSouth Africaatleetathletecelebcommonwealthstatebondspelegoudgamesplaasliktriathlonsuid-afrikagoldlocal