Deur Corné Greeff. Hooffoto: Pexels. Foto’s: Kristina Stojilkovic. Model: LouLou Van Fusion
Dis duidelik dat die model se houding op die foto regs meer vol selfvertroue is en dat die model se oë ook mooi helder en sigbaar is. Moenie jou kop na agter toe laat kantel soos in die foto links nie. Hou jou ken effens gesak en druk dit vorentoe uit – amper soos ’n skilpad s’n. Dit sal help om daardie ongewenste dubbelken weg te steek.
Die model lyk soveel meer gemaklik op die foto regs. Op die foto links is haar skouer effe geboë en die gevoude arms laat haar ongemaklik lyk. Moenie agter jou arms wegkruip nie. Hou eerder (soos op die foto regs) een skouer effens hoër as die ander. Hou ook ’n effense gaping tussen die arms en die lyf om jou liggaamsvorm af te wys. Maak seker jou hande lyk en voel ook ontspanne.
Op die foto links is die model se skouers krom en die hande langs haar sye lyk net nie reg nie. Hou eerder jou skouers terug (soos gesien in die foto regs), met jou arms effens gebuig met ’n “gaatjie” tussen die arm en lyf. Onthou ook om jou agterstewe uit te druk sodat jou figuur beter lyk.
Lees ook ons artikel oor #fotomooi hare hier.