Deur Catherine Schenck. Hooffoto Twitter @CNN
Barbie het net voor Internasionale Vrouedag (wat op Donderdag, 8 Maart 2018 gevier word) ’n nuwe reeks Barbies bekendgestel wat inspirerende vroue uit ons geskiedenis vereer. Die eerste drie is Frida Kahlo, Amelia Earhart en Katherine Johnson. Dit kom nadat Barbie besluit het om meer inspirerende vroue in hul reekse te gebruik sodat jong meisies aangemoedig kan word om groot te droom. Op Barbie se amptelike webblad noem hulle dat “Barbie toegewy is om lig te werp op bemagtigende rolmodelle van die verlede en die hede in ’n poging om meer meisies te inspireer.” Barbie het verder ook nog vroue bygevoeg by hul Shero-reeks, wat hedendaagse merkwaardige vroue vereer.
In honor of #InternationalWomensDay, we are committed to shining a light on empowering female role models past and present in an effort to inspire more girls.
Join the conversation by sharing your role models using #MoreRoleModels. pic.twitter.com/5oJnZywk7s
— Barbie (@Barbie) March 6, 2018
https://www.instagram.com/p/Bf_AzASgase/?hl=en&taken-by=barbiestyle
Wie is Barbie in die Inspiring Women-reeks?
Frida Kahlo, kunstenaar.
Amelia Earhart, vlugpioenier.
Katherine Johnson, NASA-wiskundige en fisikus.
Barbie unveils dolls based on real-life figures including Amelia Earhart, Frida Kahlo, Katherine Johnson and Chloe Kim ahead of #InternationalWomensDay https://t.co/LezfhZNjsB pic.twitter.com/LgPrJMjcAy
— CNN (@CNN) March 6, 2018
Wie is Barbie in die Shero-reeks?
Chloe Kim, sneeuplankryer.
Patty Jenkins, filmmaker.
Nicola Adams OBE, bokskampioen.
Ibtihaj Muhammad, skermer.
Bindi Irwin, natuurbewaarder.
Hui Ruoqi, vlugbalspeler.
Ashley Graham, model en liggaamsbeeld-aktivis.
Lees hier meer oor Ashley Graham se Barbie
Misty Copeland, ballerina.
Hélène Darroz, sjef.
Sara Gama, sokkerspeler.
Martyna Wojciechowska, joerlanis.
Gabby Douglas, gimnastiekkampioen.
Xiaotong Guan, aktrise en filantroop.
Ava Duvernay, regisseur.
Yuan Yuan Tan, ballerina.
Leyla Piedayesh, ontwerper en entrepreneur.
Ahh! Im so happy to be honored as a @Barbie Shero alongside these incredible women! #InternationalWomensDay #Barbie pic.twitter.com/U0J7ajM0Sd
— Chloe Kim (@chloekimsnow) March 6, 2018