Deur Catherine Schenck. Foto: Twitter @KensingtonRoyal
Die Britse Koninklike familie het in samewerking met Eco-Age ’n mode-uitruilskema tussen die Statebondlande geskep. 52 Statebondlande is betrek in oploop tot die konferensie van Statebondhowe wat in April vanjaar plaasvind. Volgens die koninklikes se webblad gebruik die uitruilskema mode as ’n gedeelde taal en platform om mense die moderne Statebond in ’n nuwe lig te wys. Hulle verduidelik dit vier kreatiwiteit, volhoubare produksie en vervaardiging, handelskakels en etiese vervaardigingskettings regoor die mode-industrie, van besigheid en ontwerp, tekstiel- en materiaal-ontwerp en produksie, tot kunsvlyt en handwerkkuns.
Groot name het saam met minder bekende kunstenaars gewerk om met nuwe en innoverende skeppings vorendag te kom – wat dan as “uitruilskema” dien. Die resultate word nou by die Buckingham-paleis uitgestal.
Suid-Afrika en Lesotho het saamgespan met werke van Clive Rundle en House of Thethana. Kyk hier na ’n katalogus van al die werke wat uitgestal word en hier na meer inligting oor elke ontwerper. Catherine, Hertogin van Cambridge, en Sophie, die Gravin van Wessex, het die openingsgeleentheid van die uitstalling by die Buckingham-paleis bygewoon.
The Queen has been Head of the Commonwealth throughout her 66 year reign. Throughout Her Majesty’s reign, the Commonwealth has grown from just seven nations to 53 member counties. https://t.co/MLXVLc0nj8 pic.twitter.com/RXwdTINz4V
— The Royal Family (@RoyalFamily) February 19, 2018
At tonight’s Commonwealth #FashionExchange Reception The Duchess of Cambridge & The Countess of Wessex had a chance to see the looks created as part of the project. pic.twitter.com/lIBCTbC3zf
— The Royal Family (@RoyalFamily) February 19, 2018
Die ontwerper en stilis Judy Blame is in die ouderdom van 58 oorlede. Die oorsaak van dié Punk-ikoon se dood is nog nie bekend nie, maar huldeblyke het oor sosiale media en in tydskrifte ingestroom.
Blame het sy loopbaan in die Londense Punk-beweging begin waar hy bykomstighede ontwerp het – gereeld met rommel wat hy uit die Teemsrivier gevis het. Hy het daarna die modehuis The House of Beauty and Culture in Dalston saam met John Moore geskep waar jong ontwerpers (wat later groot name geword het) saam kon werk aan skeppings. Hy het ook vir die publikasie i-D gewerk. Bekende musikante soos Boy George, Björk, Kylie Minogue en Neneh Cherry het al van sy ontwerpe gedra. In later jare het hy as konsultant of medewerker saam met groot modehuise soos Comme des Garçons, John Galliano, Rei Kawakubo en Marc Jacobs gewerk en hy was ’n bydraende konsultant vir publikasies soos GQ.
https://www.instagram.com/p/BfapQDjhAuf/?hl=en&taken-by=nick_knight
https://www.instagram.com/p/BdSoeA9hs1e/?taken-by=judyblame