Foto: pixabay.com
Die Magdalenahuis in Kaapstad nooi jou vir ’n Valentynsbal op 14 Februarie 2018. Hierdie geleentheid word gehou om fondse in te samel vir die programme wat hierdie plek van veiligheid vir vroue en kinders bied. Nooi jou vriende en metgesel saam vir ’n driegangete, vermaak, en ’n elegante aand van dans. Kom en maak ’n verskil!
Verdere inligting
Tyd: 19h00 met verwelkomingsdrankies en canapés vir 19h30
Datum: 14 Februarie 2018
Plek: Eensgezind, Klipheuwelweg, Durbanville, Kaapstad
Koste: R280 per persoon. Hierdie sluit ’n driegangmaaltyd, wyn en musiek in. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Drag: Elegant-informeel
Vir besprekings en verdere navrae, kontak Elsa Botha by 071 151 3670 of by [email protected]
Besoek gerus hul nuwe webblad.