Lemmetjiekaaskoek
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Basis
- • 2 dadels, ontpit
- • 40 g fyn klapper
- • 50 g amandels
- • 35 g pistasieneute
- • 30 ml (2 e) klapperolie, gesmelt
- • 2,5 ml (½ t) kaneel
- • 2,5 ml (½ t) sout
- Vulsel
- • 300 g kasjoeneute, oornag in water geweek
- • 90 ml klapperroom
- • 25 ml heuning
- • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- • 90 ml klapperolie
- Bolaag
- • 250 g mascarpone
- • 10 ml (2 t) matchapoeier (opsioneel, dis nogal aan die duur kant, laat dit eerder weg as jy twyfel)
- • 15 ml (1 e) heuning
Instructions
1 Voer ses koekpannetjies met ’n 10 cm-deursnee met bakpapier uit en spuit met kleefwerende baksproei.
Basis
1 Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot krummelrig.
2 Verdeel en druk die mengsel in die voorbereide koekpannetjies.
Vulsel
1 Meng die kasjoeneute, klapperroom, heuning en vanieljegeursel vir sowat 5-7 min. in ’n voedselverwerker tot baie glad.
2 Voeg die klapperolie by en meng deur.
3 Vul die koekpannetjies met die vulsel en sit in die yskas vir 4 uur of tot gestol.
Bolaag
1 Meng die mascarpone, matchapoeier en heuning in ’n groot mengbak.
2 Skep die mengsel in ’n spuitsak met ’n ster-tuit.
3 Spuit die matcharoom bo-op die kaaskoekies. Tooi met fraai blommetjies.
recipesdessertreseptespeseryeklapperspiceskoekcakeneutegluten-freepoedingnutskaaskoekcoconutglutenvrybaking
Anelle Tewson
Lees Meer
Geweefde vanielje-en-vye-tertjies
22/11/2024
Blitsige roomys
21/11/2024