Hier is die 10 artikels wat die gewildste onder ons lesers was.
1 Inligting oor die Listeria-uitbraak
Listeria het onlangs gewoed in Gauteng en sekere ander landsdele. Ons het met ’n mediese dokter gesels om al die antwoorde te kry – van wat dit is, tot watter gevare dit inhou vir swanger vroue en kinders.
Lees die volledige artikel hier
2 Die geboorte van Riana Nel se babaseuntjie
Ons was baie opgewonde om te hoor dat Riana Nel geboorte geskenk het aan haar tweede kind saam met manlief Cornel de Beer. Hoewel sy nie sommer foto’s op sosiale media van haar kinders deel nie, is hierdie onlangse foto van die kleinding en sy gelukkige ma te dierbaar.
https://www.instagram.com/p/BceZldCnxJQ/?taken-by=riananelofficial
Lees ook ons onderhoud met Riana hier
Lees ook die artikel waar sy ons van haar skoonheidswenke vertel, asook wat haar inspireer
3 Hanna Grobler gesels oor ma-wees
Hanna Grobler, ons November 2017-voorbladvrou, het openhartig haar vreugde en leed met ons gedeel, en in hierdie artikel deel sy die vreugdes van ma-wees eksklusief met ons.
Lees die volledige artikel hier
https://www.instagram.com/p/BaMqrWuARAc/?taken-by=rooirose
Loer hier wat het agter die skerms gebeur tydens ons Hanna Grobler-voorblad
Sien ook hierdie vinnige 41 vrae aan Hanna
4 Hoe om jou kanse op pankreaskanker te verminder
Pankreaskanker het die laagste oorlewingsyfer juis omdat ons dit te laat ontdek. Ons gee meer inligting oor hierdie kanker en waarop jy bedag moet wees.
5 Die geboorte van Karlien van Jaarsveld se baba
Karlien van Jaarsveld se derde kind is vroeër vanjaar gebore en almal wou graag die eerste foto’s van dié babatjie sien.
6 Die onstuitbare Elsje Neethling
Elsje Neethling, die jonger suster van ons swemheld Ryk Neethling, is ’n inspirerende vrou met ’n veggees wat skrik vir niks.
Vind uit waarom in hierdie artikel
https://www.instagram.com/p/BIHcA51AldW/?taken-by=neethlingfull
7 Hekel en breipatrone
Onthou jy nog ons hekel- en breiboekies wat altyd aan ons tydskrifte geheg was? Ons het baie daarvan op ons webbladgelaai, en jy kan nou na hartelus weer hierdie ou patrone beloer … net betyds vir die vakansie!
Kry die gewildste hekelpatrone hier
Kry hier ook die basiese hekeltegnieke
8 Ons gunsteling nuwe glanspaartjie
Het jy dalk die aankondiging gemis van een van ons gunsteling- nuwe glanspaartjies? Boonop deel hulle hul verhaal eksklusief aan ons.
Lees hier om uit te vind wie dit is
9 Corli Botha se baba
Corli Botha van Koekedoor-faam se eersteling is hier, en sy het haar babatjie vir ons gewys!
Sien ook ons onderhoud met Corli hier
10 Hildegardt se wonderwerk
Hildegardt White en haar man, Kuba Silkiewicz, vertel ons van hul klein wonderwerkie.
Lees hier om hul storie en hul baba te leer
https://www.instagram.com/p/BZL6T5cAjdr/?taken-by=rooirose
En as ’n bonus … ’n elfde storie!
11 Het jy lipodeem?
Ons vertel jou wat die 7 tekens van lipodeem is en watter tipe dokter jy hieroor moet sien.
Ons sien uit om in 2018 nog baie met julle te deel.