SlaaisousSomerse groenslaai met ’n rokerige pancetta-slaaisous
Ingredients
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Braai die pancetta in die olyfolie in ’n pan oor lae hitte vir 20 min. Haal uit en hou die olie eenkant – dit word in die slaai gebruik.
3 Meng die mosterd, witwynasyn, heuning en knoffel in ’n voedselverwerker. Verwerk tot glad.
4 Voeg die pancetta-gegeurde olyfolie by terwyl die voedselverwerker loop en die sous dik en romerig is. Roer die volroomjogurt deur.
5 Pak die groente op ’n mooi dienbord uit en strooi die krakerige pancetta-brokkies en kruisement bo-oor.
6 Sit die slaai saam met die pancetta-slaaisous voor.