Begroting
Voor ’n mens die winkels invaar, is dit goed om eers ’n begroting op te stel. Die regte koffietafel kan ’n duur affêre raak.
Vorm
Soos wat jy die planne vir jou sitkamer uitlê, is dit goed om te dink watter vorm die beste in jou spasie sal werk. As jy kinders of diere het, is ’n ronde of ovaalvormige tafel die beste. Die ronde vorm is goed sodat kinders nie hulself seermaak as hulle per ongeluk daarteen vashardloop nie.
’n Langwerpige koffietafel gee die regte hoeveelheid spasie tussen ’n bank en TV-kas om gemaklik rond te beweeg.
Grootte
Die hoogte van ’n koffietafel is baie belangrik. Die moenie laer wees as 3-5 cm van die bank se sit-gedeelte nie. Die standaard hoogte van ’n koffietafel is tussen 40 en 45 cm. Hoe hoër jou bank, hoe hoër moet jou koffietafel wees.
As jy wel ’n koffietafel sien waarvan jy hou maar onseker is of die grootte en vorm vir jou vertrek gaan werk, beveel ons aan dat jy dit eers met maskeerband op jou vloer afmerk en vir ’n week met dit saam te leef voor jy besluit.
Bruikbaarheid
Nog ’n belangrike faktor is die funksie wat die koffietafel moet hê. Is dit net vir dekorasie of word stoorplek benodig. Die hooffunksie van ’n koffietafel is om goed soos koffiebekers en somtyds ’n bakkie of twee te akkommodeer – hou dit in gedagte.
Materiaal
Koffietafels kom in ’n wye verskeidenheid afwerkings voor. Daar is byvoorbeeld die industriële styl met staal. Materiaal soos glas word gekombineer met koper of staal en bied ’n meer gesofistikeerde voorkoms. Of dit nou akkerhout, esdoring, kersie of okkerneut is, elkeen het sy eie gevoel.
Styl
Hou die tipe gevoel wat jou sitkamer het in gedagte. Is dit modern of het dit ʼn rustieke gevoel? Kies ’n styl wat by alles in jou vertrek gaan pas. As jy ’n kontemporêre voorkoms verkies, kies ’n slanke metaaltafel met ’n glasblad. As rustiek meer jou styl is, kies ’n eikehouttafel. Kies ’n ronde tafel met gedraaide houtbene vir ’n romantiese gevoel.
Verbruikersgids
@Home | 0860 576 576
Weylandts | 0860 103 400
CoriCraft | 021 508 5200
Mr Price Home | 0800 212 535