Die kuns is om lig-, room- en pastelskakerings in te bring. In plaas van aardse ondertone soos bruin, grys, swart en rooi, kies seegroen, suurlemoengeel en oseaanblou. Hierdie ligter kleure gee ’n koeler gevoel vir jou ruimte en bring die lig in.
Hier is ’n paar idees
- Begin deur swaar komberse en kussings weg te pak. Bring ligte katoen en linne in.
- Vervang donkerblou, swart en houtskool-kleure met geel, oranje en ligblou.
- Sit ’n paar vars, nuwe kussings op die bank.
- Hang nuwe skilderye teen die mure. Sit spieëls van alle vorms en groottes op en maak die gebied oop en laat dit groter vertoon.
- Bring blomme na binne met ruikers in deursigtige vase naby ’n spieël vir dubbele effek. Maak ’n krans uit knoppe, kruie, takke en saadpeule. Gebruik syblomme en takke as allergieë ’n probleem is.
- Verf kaste en tafels of ander houtmeubels met helder kleure.
- Maak vensters oop en verander die gordyne na ligter materiale en kleure.
- Bring die son na binne deur ’n kamer te verf met sonnige geel en roomkleure.
- Pak kerse rond vir warmte. Wierook bring ’n feestelike gevoel vir die kamer: probeer sandelhout of laventel.
- Plaas ’n paar planters van kruie of geraniums op vensterbanke.
- Helderkleurige skottelgoed en opdienbakke kan die lente na die eetkamer bring. ’n Pragtige blomboeket as ’n middelstuk kan die tafel ’n lente-flair gee en die buitelug inbring.
Verbruikersgids
Poetry | 086 055 5529
Stodels | stodels.com
Superbalist | superbalist.com
Woolworths | 086 002 2002
Mr Price Home | 0800 212 535
Flourish | 084 705 6651
Wallpaper Inn | 043 726 1761
House of Sofia | 083 542 3927
@Home | 0860 576 576