Genoeg vir 6
- 38 ml (2½ e) poeiergelatien
- 375 ml (1½ k) geblikte pynappelblokkies
- 500 ml (2 k) water
- 125 ml (½ k) suiker
- 375 ml (1½ k) gaar ertjies
- 250 ml (1 k) fyn gekapte seldery
- sout en gemaalde swartpeper
- 30 ml (2 e) asyn
- 2 hardgekookte eiers, afgedop
- Spoel ’n 2 liter-ringvorm met koue water uit.
- Gooi 60 ml (¼ k) water oor die gelatien en laat spons vir 5 min.
- Kook die pynappel, water en suiker vir 5 min. Haal van die hitte af en roer die gesponste gelatien by tot opgelos. Laat afkoel.
- Meng die ertjies, seldery en asyn deur die pynappel. Geur na smaak.
- Sny die eiers in ringe en pak onder in die vorm. Skep die res van die mengsel versigtig bo-op sodat die eiers onder bly. Laat stol vir 3 uur of oornag.
- Keer op ’n dienbord uit.