Prins George, Prins William en Hertogin Catherine se oudste, het vandag vir die eerste keer skool toe gegaan.
Prince George will this morning attend his first day of school at Thomas’s Battersea, accompanied by his father The Duke of Cambridge. pic.twitter.com/1vKA1JvAyI
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) September 7, 2017
Dié seuntjie, wat op 22 Julie vier jaar oud geword het, se pa het hom skool toe gevat. Volgens berigte is sy ma, Catherine, nog nie gesond genoeg om hulle te vergesel nie. Sy is swanger met haar derde baba en ly aan ’n toestand genaamd Hyperemesis Gravidarum.
Lees hier oor die aankondiging van Catherine se derde swangerskap
Prins William en sy seun is by die Londense skool, Thomas’s Battersea, ontmoet deur die laerskoolhoof, waarna hulle saam na sy klassie toe gestap het.
Prince George arrives for his first day of school at Thomas’s Battersea with his father The Duke of Cambridge. pic.twitter.com/B7TgcRA3Ve
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) September 7, 2017
Kyk net hierdie kostelike video wat aanlyn deur die Britse koerant The Guardian gedeel is:
Die koninklike gesin het ook hierdie geleentheid gebruik om foto’s te deel van Prinse William en Harry se eerste skooldae.
Take a look at The Duke and Prince Harry on their first days of school ? pic.twitter.com/RkL1MUbC4Q
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) September 7, 2017