Doopsouse uit die tuin
Ingredients
- Beetslaaisous
- Genoeg vir 500 ml
- Sit die slaaisouse met piekelgroente voor.
- • 3 klein bete, gekook en geskil
- • ’n klein hand vol dille en basiliekruid
- • 15 ml (1 e) appelasyn
- • 1 appel, versap
- • 250 ml (1 k) sonneblomolie
- • sout en peper
- Romerige kappertjie-slaaisous
- Genoeg vir 300 ml sous
- Die kappertjies was volop in die tuin, maar jy kan ook basiliekruid of roketblare gebruik.
- • 250 ml (1 k) crème fraîche
- • 250 ml (1 k) klein kappertjieblare, gewas
- • 2 knoffelhuisies
- • 6 kruisementblaartjies
- • uitgedrukte sap en skil van ’n halwe suurlemoen
- • sout en peper
- Ertjiedoopsous
- • 500 g bevrore ertjies (petit pois)
- • sout
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 30 ml (2 e) lemmetjiesap
- • 30 ml (2 e) vars koljander, gekap
- • 5 ml (1 t) fyn komyn
- • 5 ml (1 t) fyn koljander
- Tuisgemaakte ricotta
- Genoeg vir 800 g
- Jy sal nooit weer gekoopte ricotta eet as jy eers jou eie geproe het nie.
- - Resep uit “Roast Duck on Sunday” deur Zuretha Roos en Annalie Nel
- • 3 liter volroommelk
- • 375 ml (1½ k) room
- • 375 ml (1½ k) dubbelroom Griekse jogurt
- • 10 ml sout
- • 30 ml vars suurlemoensap
Instructions
Beetslaaisous
1 Kap die beet, dille en basilie saam in ’n voedselverwerker tot glad.
2 Gooi die appelasyn en -sap by en meng deur.
3 Gooi die sonneblomolie stadig in ’n dun stroompie by terwyl die masjien hardloop sodat dit ’n emulsie vorm.
4 Geur met sout en peper.
Romerige kappertjie-slaaisous
1 Verwerk die crème fraîche, kappertjieblare, knoffelhuisies, kruisement en suurlemoensap en -skil in ’n voedselverwerker tot glad en romerig.
2 Geur met sout en peper.
Ertjiedoopsous
1 Blansjeer die ertjies in gesoute, kokende water.
2 Dreineer en dompel dadelik in yskoue water.
3 Gooi die koue ertjies in ’n bak en kap ruweg met ’n stokmenger.
4 Gooi die olie, sap, koljander en komyn by en meng. Geur met sout en peper.
5 Skep in potjies en “plant” die baba-groente daarin.
Tuisgemaakte ricotta
1 Jy het ’n silwerskoon melkdoek of moeseliendoek van sowat 40 cm x 40 cm nodig.
2 Hang die doek oor ’n vergiettes of sif wat oor ’n groot bak lê.
3 Meng die melk, room, jogurt en sout in ’n groot sopkastrol.
4 Verhit oor matige hitte tot die mengsel begin kook.
5 Roer heeltyd met ’n houtlepel, want die melk mag nie aanbrand nie.
6 Kook die melk vir 2-3 min. en roer deurentyd. Die melk sal begin skif en daar sal fyn stremsel (curds) sigbaar wees. Indien dit nie gebeur nie, kan jy nou die suurlemoensap inroer om die proses aan te help.
7 Trek van die hitte af, laat effens afkoel en gooi versigtig deur die doek. Kantel die bak sodat al die wei af dreineer.
8 Bring die punte van die doek bymekaar en draai styf op sodat die kaas ’n bolletjie vorm.
9 Bind met kombuistou vas en hang vir 1-2 uur bo-oor ’n bak sodat dit kan dreineer.
Nog ’n idee
Voeg 125 ml (½ k) gemengde en gekapte sagte kruie, soos Italiaanse pietersielie, basiliekruid, dille en vars koljander by die ricotta.