Kleurryke groentepiekels
Serves: Genoeg vir 5 x 500 ml-bottels
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Lê jou oes in vir later en maak heerlike slaaie of crudité-borde daarmee.
- 750 ml (3 k) witwynasyn
- 375 ml (1½ k) strooisuiker
- 1 steranys
- 5 lourierblare
- 8 swartpeperkorrels
- enige van die volgende groente:
- 1 bossie radyse
- 8 babawortels, geel of oranje
- 1 kop blomkool
- 8 babakomkommers, middeldeur gesny
- ’n groot hand vol eksotiese tamaties, geskil
- ’n groot bondel groenbone
- 6 gaar bababete, middeldeur gesny
Instructions
1 Verhit die asyn, suiker en speserye in ’n groot kastrol oor lae hitte.
2 Roer tot die suiker opgelos is en kook vir 4 min.
3 Blansjeer die sagte groente in gesoute, kokende water en verpak in gesteriliseerde glasbottels.
4 Gooi die warm asynmengsel oor die groente en laat heeltemal afkoel.
5 Sit ’n paar peperkorrels en ’n lourierblaar in elke bottel.
6 Draai styf toe en verkoel.
Rooi Rose
Lees Meer
Vinnige salmpasta
18/12/2024
Blitsidees met perskes
17/12/2024
Waatlemoen-en-lemmetjie-slaai
05/12/2024