Sitrusbruisdrankie
Serves: Genoeg vir 1 liter
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Hierdie verfrissende drankie is ’n lafenis op warm somerdae. Meng dit met sodawater en ’n knertsie vodka of wit rum vir ’n lekker skop.
- 2 lemoene, pomelo’s of suurlemoene
- 140 ml strooisuiker
- 5 ml (1 t) kremetart
- 1 liter water
- 5 ml (1 t) gis
- kruisement vir opdiening
Instructions
1 Skil net die dun geel skil van die sitrusvrugte versigtig af – die wit laag tussen die skil en die vlees sal die drankie bitter maak. 2 Druk die sap uit en gooi die vliesies en pitte weg.
3 Verkoel tot benodig.
4 Kook die water en haal van die hitte af.
5 Gooi die skil, suiker en kremetart by en laat afkoel.
6 Meng 125 ml (½ k) van die vloeistof met die gis en gooi weer by die res.
7 Sit die deksel op en laat oornag of 10-12 uur by kamertemperatuur staan.
8 Gooi die mengsel deur ’n sif in ’n skoon houer en meng die verkoelde sap by.
Rooi Rose
Lees Meer
Sjokoladekolwyntjies
18/12/2023
Sitruskolwyntjies
18/12/2023
Groente-en-kruie-strope uit die tuin
16/04/2018