Sitrus-en-garnaal-slaai
Serves: Genoeg vir 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 8-12 garnale, skoongemaak en liggies gestoom
- 1 lemoen, geskil en in segmente gesny
- 1 suurlemoen, geskil en in segmente gesny
- 1 pomelo, geskil en in segmente gesny
- ’n handjie vol jong kruie en slaaiblare
- 80 ml grondboontjies, ruweg gekap
- 125 ml vars koljanderblare, ruweg gekap
Instructions
Slaaisous
Meng 80 ml olyfolie, 30 ml witwynasyn, 5 ml Dijon-mosterd en 5 ml heuning en geur met sout.
Slaai
1 Meng al die bestanddele in ’n slaaibak.
2 Gooi die slaaisous oor, meng deur en verdeel in klein, weggooibare bakkies.
Rooi Rose
Lees Meer
Waatlemoen-pizza met gebraaide feta
15/11/2024
Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers
30/10/2024