Hou die volgende in gedagte waneer jy koppies en bekers aankoop
Materiaal
- Keramiek
- Glas of dubbelglas
- Plastiek
- Staal
Keramiek
Keramiek gelei hitte goed en laat geen nasmaak nie. Op ’n negatiewe noot, breek dit maklik. Wanneer dit gekraak is, kan bakterieë in die krake opdam.
Glas
Glas het ’n moderne voorkoms, maar tensy jy dubbelglas gebruik, is dit te warm om vas te hou. Glas gee ook geen reuke af nie en kan herwin word – dus omgewingsvriendelik.
Harde plastiek
Dit is nie luuks nie en word dikwels gebruik om herwinbare bekers te vervaardig. Anders as keramiek en glas, het hierdie items ’n kort leeftyd. Dit kan ook ’n onaangename nasmaak aan jou koffie gee.
Staal en emalje
’n Staal- of emalje-beker mag dalk effe Spartaans voorkom, maar dit is ’n goeie opsie vir ’n hardwerkende koffiebeker. Veral as jy graag reis. Dit is ook maklik om skoon te hou en feitlik onbreekbaar.
Grootte en ontwerp
Die grootte en ontwerp van jou bekers is persoonlik. Hoe groot is groot genoeg? En wat is te klein? Gelukkig is daar ’n onuitputbare bron beskikbaar. Kies hieruit en bowenal, geniet jou Boeretroos!
Verbruikersgids
Take a lot | takealot.com
Superbalist | superbalist.com
Woolworths | 0860 022 002
@Home | 0860 576 576