Vraag
Het julle raad vir hare wat koek?
Antwoord
Kam of borsel jou hare goed voordat jy dit was terwyl jou hare nog droog is. Gebruik meer sjampoe op jou wortels (waar dit meer olierig is), en werk dit deur na jou haarpunte.
Wanneer jy sjampoe aanwend, maak seker jy vryf nie jou hare te veel nie omdat nat hare baie makliker beskadig word. Jou haarpunte is die ‘oudste’ hare op jou kop en het meer sorg nodig, begin dus altyd om jou opknapper op jou punte aan te wend en dan van onder na bo (jou wortels), aan te wend. Hou ’n kam met wye tande in die stort en kam ook jou hare van onder na bo nadat jy opknapper aangewend het. Dit sal help dat jou hare minder koek.
Belangrike wenk: Was van bo na onder en knap op van onder na bo.
*Dr. John Gray is ’n mediese dokter, skrywer van vele haar- en velpublikasies, artikels en boeke, asook die mediese adviseur aan Procter & Gamble-skoonheid vir die afgelope 25 jaar.