Hout of plastiek?
Ek gebruik hout-snyborde vir vrugte, groente en vleis. Plastiekborde word leliker met tyd soos wat vlekke verskyn. Dit beland gou in die vullisdrom terwyl ’n goeie houtbord vir ten minste 10 jaar gebruik kan word. Houtborde word mooier met tyd, veral as dit goed versorg word. So kan jy ook jou kos direk op hierdie borde opdien.
Daar is onderhoud betrokke by houtborde, lepels en bakke. ’n Mengsel van minerale-olie en byewas werk goed, maar daar is deesdae ook produkte beskikbaar vir die onderhoud van hout-items.
Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy
Gesondheid
Daar is al vele toetse gedoen oor die gesondheidsrisiko’s van hout teenoor plastiek en dit blyk dat hout die gesondste is.
Hou dit skoon
Houtborde moet skoon gehou en daagliks goed geskrop word met warm seperige water ná gebruik. Moet nooit die borde week nie, omdat dit sal kraak en skeeftrek. Sommige mense gebruik ’n flou mengsel van bleikmiddel om die borde skoon te maak nadat dit gebruik is om vleis voor te berei.
Lees ook: Die bed waarin jy slaap: Hou jou matras skoon
Olie
Afhangende van hoe gereeld jy jou houtborde, lepels of bakke gebruik, benodig dit gereeld olie om die voorkoms te behou.
Lees ook: Eierdoppe: Die natuurlike hupstoot wat jou plante nodig het