Margaret Gardiner vier op 21 Augustus haar geboortedag. Ons kyk na van die goeie tye wat ons al saam met haar gehad het.
• Margaret was in 1978 Mej. Heelal (die eerste Suid-Afrikaner wat dié titel gedra het) en het later as rolprentjoernalis begin werk.
• Sy is sedert 2008 ons Hollywood-korrespondent. Sy voer maandeliks onderhoude met ons gunsteling- internasionale bekendes en so leer ons hulle beter ken. Loer na ons Margaret uit Hollywood-afdeling om meer van haar gesprekke te lees.
• Margaret bly jare lank al in Los Angeles saam haar man André Nel. Hier deel sy wenke van lekker goed om te doen wanneer jy in Los Angeles kuier.
• Margaret het in Kaapstad grootgeword en is baie na aan haar familie. Lees hier waar sy ons vertel oor haar gesin en veral haar liefde vir haar ma.
- Margaret blog ekslusief vir rooi rose oor haar reise, die glanspersoonlikhede wat sy ontmoet, en haar unieke, opwindende lewe! Loer hier
• Margaret is nie net een van ons skrywers nie, maar sy verskyn ook gereeld op ons voorblad.
Loer hier na Margaret as rooi rose-voorbladvrou: