Die Youngblood Kuns & Kultuur-organisasie het kragte saamgespan met Dreamer Education en gaan in Oktober vanjaar ’n revolusie begin waar die kunste & wiskunde saamsmelt. Die bekendstelling van nuwe leermetodes deur Kurt Minnaar, stigter van Dreamer Education, sal tydens die geleentheid plaasvind. Minnaar unieke leermetodes van wiskunde deur middel van musiek en dans, het Kaapstad in rep en roer. Leermateriaal, musiekvideo’s en verskeie ander aspekte sal bekend gestel word terwyl daar gewys gaan word dat wiskunde cool kan wees!
Program
- Woensdag, 4 Oktober | Privaat-opening
- Donderdag, 5 Oktober | First Thursday Publieke opening
- Saterdag, 7 Oktober | Werkswinkel (Leerlinge & Onderwysers)
- Donderdag, 12 Oktober | Paneel & publieke bespreking ‘Education in South Africa’
- Donderdag, 19 Oktober | Paneel & publieke bespreking ‘Where maths meets art’
- Saterdag, 21 Oktober | Werkswinkel (Leerlinge & Onderwysers)
Vir meer inligting kontak 021 424 0074 / [email protected]