Bestanddele
- 900 g koekmeel
- 5 ml koeksoda
- 15 ml bakpoeier
- uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 450 g suiker
- 4 eiers, geklits
- 500 g ricotta
- 230 g sagte botter
- sif 10 ml fyn kaneel en 250 g versiersuiker saam in ’n bak
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ’n groot bakplaat met botter en sit eenkant.
- Sif die meel, koeksoda en bakpoeier saam in ’n groot mengbak.
- Meng die suurlemoensap en -skil, suiker, eiers, ricotta en botter.
- Meng by die droë bestanddele in tot ’n werkbare deeg vorm.
- Knyp appelkoosgrootte balletjies van die deeg af en rol in balletjies, pak 3 cm uit mekaar op die bakplaat en bak vir 30 min. tot goudbruin.
- Haal uit en laat effens afkoel. Rol in die versiersuiker-en-kaneel-mengsel.