Genoeg vir 6
• 15 g botter
• 1 ui, fyngekap
• 2,5 ml (½ t) fyngekapte rooi brandrissie
• 5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
• 10 ml (2 t) fyngerasperde gemmer
• 15 ml (1 e) garam masala
• 5 ml (1 t) borrie
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 375 ml (1½ k) jasmynrys
• 250 g borriepatat, geskil en in blokkies gesny
• 1 x 400 g-blikkie klapperroom
• 180 ml (¾ k) water
• sout en swartpeper
• hand vol vars koljander, fyngekap
• granaatpitte vir bo-op (opsioneel)
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Verhit die botter in ’n dieperige oondvaste pan oor matige hitte. Braai die ui, brandrissie, knoffel en gemmer vir 5 min. daarin. Voeg die garam masala en borrie by, gevolg deur die lemoenskil, rys en patats. Roer tot goed saamgemeng.
3 Voeg die klapperroom en water by en bring tot kookpunt. Bedek die pan met foelie en bak in die oond vir 30-40 min. of tot die rys en patats gaar is.
4 Sit saam met vars koljander voor.