Teeterapie
Ingredients
- Hibiskus-ystee
- Genoeg vir 500 ml
- Hibiskus is propvol vitamien C en kan ook help om bloeddruk te verlaag.
- • 3 hibiskus-teesakkies
- • handjie vol goji-bessies
- • handjie vol droë roosblare of -knoppies
- • 30 ml heuning
- Helende Rooibos-ystee
- Genoeg vir 500 ml
- Rooibos het kankerwerende eienskappe en gemmer werk ontsteking teë. Kaneel beveg virusse en verlaag cholesterol. Drink die sappie sommer elke oggend.
- • 3 cm-gemmer, geskil en gesny
- • 2 kaneelstokkies
- • 30 ml heuning
- • 4 sakkies rooibos
- • 1 lemoen, in dun skywe gesny
- Kalmerende kamille-ystee
- Genoeg vir 500 ml
- Kamille is anti-bakteries en maak jou rustig. Dit is ook goed vir jou spysverteringstelsel. Drink dit saans ná ete en net voor slaaptyd.
- • 2 droë aloe vera-blare
- • 1 sitroengrasstingel, middeldeur gesny
- • 3 sakkies kamilletee
- • 1 lemmetjie, in skywe gesny
- • handjie vol kruisementblare
Instructions
Hibiskus-ystee
1 Sit die tee, bessies, blare en heuning in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor.
2 Laat trek en afkoel. Gooi in ’n digsluitende beker en sit vir 2 uur in die yskas.
3 Skink in ’n glas vol fyn gekapte ys.
Helende Rooibos-ystee
1 Sit die gemmer, kaneel, heuning, rooibos en lemoen in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor.
2 Laat trek en afkoel. Sit vir 2 uur of oornag in die yskas.
3 Sit voor met fyn gekapte ys.
Kalmerende kamille-ystee
1 Sit die aloe vera, sitroengras, kamilletee, lemmetjies en kruisement in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor.
2 Laat trek en afkoel.
3 Sit vir 2 uur of oornag in die yskas.
4 Sit voor met fyn gekapte ys.
Rooi Rose
Lees Meer
Bruintjies in ’n eiertjie
14/04/2025
Bruintjie-kolwyntjies
10/04/2025
Romerige hoenderlasagne
09/04/2025