Laekoolhidraat-quiche
Ingredients
- Basiese tertkors
- Hierdie tertkors werk goed vir soet- en soutterte.
- 125 g botter
- 2 groot eiers
- 40 ml xylitol
- 150 ml klappermeel
- 10 ml bakpoeier
- Quiche
- 2 eiers
- 30 ml gekapte sprietuie
- 30 ml gekapte pietersielie
- sout en gemaalde swartpeper
- 250 g dik spek, in blokkies gesny en bros gebraai
- 12 kersietamties
- ½ klein blomkool, in blommetjies verdeel
Instructions
Basiese tertkors
Voorverhit die oond tot 175 °C.
1 Voer ’n 24 cm-pan of 10 klein quiche-pannetjies (met ’n deursnee van 10 cm) met bakpapier uit.
2 Smelt die botter en laat afkoel. Klop die eiers, afgekoelde botter en xylitol saam.
3 Sif die klappermeel saam met die bakpoeier en roer deur die eiermengsel tot dit bymekaarkom en deeg vorm.
4 Voer die tertpan/pannetjies met die deeg uit, sit op ’n bakplaat en hou in die yskas tot benodig.
Quiche
Verhit die oond tot 180 °C.
1 Maak die basiese tertkorsdeeg soos bo beskryf. Sit die uitgevoerde pannetjies op ’n bakplaat.
2 Meng die room, eiers en kruie goed saam in ’n mengbeker.
3 Verdeel die tamaties en blomkool tussen die tertjies en gooi dan die room-mengsel versigtig in die tertkorse tot bo.
4 Bak vir sowat 15 min. tot goudkleurig.