Spaanse chorizo-pasta
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 100 g repiesspek, in stukkies gesny
- 250 g chorizo, in skywe gesny
- 1 ui, fyn gekap
- 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
- 1 rooi soetrissie, wit pitjies en vliesies verwyder en in blokkies gesny
- 10 ml (2 t) paprika
- ’n hand vol basiliekruidblare, grof gekap
- 2 x 400 g-blikkies heel geskilde tamaties
- 300 g kersietamaties, middeldeur gesny
- 1 liter (4 k) goeie hoenderaftreksel
- 500 g penne-pasta
- gerasperde parmesaan vir opdiening
Instructions
1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol of pastapot. Braai die spek en chorizo vir 5-6 min. daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
2 Braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog 1 min.
3 Voeg die basiliekruid, tamaties, kersie-tamaties en hoenderafreksel by en bring tot kookpunt.
4 Voeg die pasta by en kook vir 10 -12 min. of totdat die pasta al dente is (moenie te lank kook nie).
5 Skep die chorizo en spek terug by die pasta en roer deur. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
6 Sit met geras-perde parmesaan voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Vinnige Peppermint Crisp-tert
28/03/2025
Beestong-broodjie
20/03/2025
Kapokaartappels met flair
20/03/2025