Voorverhit die oond tot 180 °C.Griekse hoender-en-rys-gebak
Ingredients
Instructions
1 Gooi die rys in ’n groot oondpan en voeg die hoender-aftreksel by. Geur die hoender-dytjies met sout en gemaalde swartpeper.
2 Sit die hoender op die rys en voeg die knoffel-huisies, tiemie, orego en suurlemoene by.
3 Bedek met foelie en bak vir 45 min. of tot die rys gaar is. Voeg die broccoli na 30 minute by die hoender gereg en bedek weer met die foelie.
4 Verhoog die hitte tot 200 °C en haal die foelie af. Pak die olywe, fetakaas en broccoli op die rys tussen die hoenderstukke in.
5 Verf die hoender met olie en heuning en bak vir 15-20 min. of tot die hoender goudkleurig is.