Oondgeroosterde geel groente
Serves: Genoeg vir 4-6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
- 1 botterskorsie, ongeskil, in skywe gesny en pitte verwyder
- 200 g elk borriepatats, witwortels en babawortels
- 2 lemoene, geskil en middeldeur gesny
- 1 x 400 g-blik keker-ertjies, gedreineer
- ’n hand vol kumkwats (indien verkrygbaar)
- 15 ml (1 e) heuning
- 60 ml (¼ k) lemoensap
- ’n hand vol tiemie
- ’n hand vol pietersielie, gekap
- 250 g ricottakaas, vir opdiening
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Sit die botterskorsies, borriepatats en witwortels in ’n oondpan en sprinkel die olyfolie oor. Meng liggies deur en rooster vir 30 min tot sag. Geur liggies met sout.
2 Haal uit en sit die babawortels, lemoene en kumkwats by. Meng die heuning en lemoensap en gooi saam met die tiemie oor die groente. Bak vir nog 15-20 min. tot die wortels sag is.
3 Strooi die pietersielie oor en sit met die ricottakaas voor.
Rooi Rose