Hierdie jaar sal die 20ste herdenking wees van Prinses Diana se sterfte op die ouderdom van 36. Sy is oorlede op die nag van 31 Augustus 1997 in Parys na ’n motorongeluk waarin sy en haar minnaar, Dodi Fayed en hul motorbestuurder, betrokke was.
Ter herdenking van haar lewe is daar hierdie jaar heelwat feestelikhede, herinneringseremonies asook televisieproduksies wat plaasvind om haar te onthou. Daar is ’n uitstalling by Buckingham-paleis wat haar gunsteling- en meer persoonlike items bevat. Dit sluit in haar balletskoene, Lionel Richie- en Elton John-kasette en babafoto’s van die prinse. Die uitstalling duur tot Oktober. Foto’s is ook onthul van die jong prinse en hul ma oor sosiale mediaplatforms.
The Duke on the 20th anniversary year: “It feels like a good time to remember all the good things about her.” pic.twitter.com/Nu338JbBLY
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) July 23, 2017
In die dokumentêre film, Diana, our mother: her life and legacy, wat hierdie week op Britse kanale uitgesaai sal word, gesels die twee broers oor hul ma asook hul laaste telefoonoproep aan haar. Sy het hulle enkele ure voor die motorongeluk gebel.
William en Harry, wat toe in hul vroeë tienerjare was, sê as hulle geweet het dat dit die laaste keer sou wees dat hulle met haar sou praat, sou hulle die oproep baie anders wou hê. Harry sê in die dokkie dat hy besig was om met niggies en nefies te speel – hy het nie baie aandag aan die oproep gegee nie. Hy sê dat as hy nou terugkyk, dan is jy baie spyt oor hoe kort die gesprek was. Hy kan ook nie juis onthou waaroor die gesprek gehandel het nie, maar hy noem dat dié oproep hom ewig sal bybly.
“As ek geweet het dit is ons laaste gesprek, sou ek dit nie so vlugtig gemaak het nie,” het William gesê.
Die broers poog om die herinneringe aan Lady Di te deel wat mense dalk nie geweet het nie, en om ’n ander kant van haar uit te bring. Die broers noem verder hulle ma was “pure kind” – sy was baie lief vir pret en haar skaterlag bly Prins Harry by. Alhoewel sy hulle probeer blootstel het aan lewe buite die Paleis, het sy dit ook geniet om haar kinders te bederf en om poetse op hulle te bak – soos die keer wat sy drie supermodelle vir Prins William laat inwag het een middag na skool!
Watch TRH share some of their favourite memories of their late mother.
Prince Harry: “She was one of the naughtiest parents!” pic.twitter.com/zKIcZbe4rf
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) July 23, 2017
Prins William vertel glo vir sy kinders van hul Ouma en wys hulle gereeld foto’s van haar.
Watch The Duke talk about Granny Diana and about keeping the memory of the late Princess alive for Prince George and Princess Charlotte. pic.twitter.com/crmKG9Y7Ua
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) July 24, 2017
Prinses Diana onthou vir baie goed: haar styl (selfs in ’n twyfelagtige modetydperk!), haar skoonheid en grasie, haar liefde vir ander en haar werk met mense van alle agtergronde – van landmynslagoffers tot VIGS-pasiënte in ’n tyd wat daar meer mites as feite oor dié siekte was.
Prince Harry and @eltonofficial talk about the impact of the late Princess of Wales’ work reducing the stigma surrounding HIV/AIDS. pic.twitter.com/ZrBwfPfQy2
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) July 24, 2017
The Duke and Prince Harry are pleased to share two more family photographs from the late Diana, Princess of Wales’ personal photo album. pic.twitter.com/sup8MGbNfD
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) July 24, 2017
The Duke and Prince Harry are pleased to share 3 photographs from the personal photo album of the late Diana, Princess of Wales. pic.twitter.com/mUhzQB08TV
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) July 23, 2017