Geurige hoenderkerrie
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 125 ml (½ k) koekmeel
- 60 ml (4 e) masala-kerriepoeier
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 kg (sowat 8) hoenderborsies, in repies gesny
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 2 uie, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 1 x 410 g-blik heel, geskilde tamaties
- 125 ml (½ k) aftreksel
- 125 ml (½ k) room
- hand vol vars koljanderblare
- klapperkrulle vir opdiening
- liggies geroosterde, gevlokte amandels vir opdiening
Instructions
1 Meng die koekmeel en kerriepoeier in ’n groot mengbak. Geur na smaak. Rol die hoender in die meel en skud goed af.
2 Verhit die helfte van die olie oor hoë hitte in ’n groot pan. Braai die hoender vir 3 min. aan elke kant daarin tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
3 Verhit die res van die olie in dieselfde pan oor matige hitte. Soteer die uie en knoffel daarin tot sag en deursigtig.
4 Voeg die tamaties met die vloeistof by en druk fyn met ’n vurk. Geur na smaak.
5 Voeg die hoender by en prut vir 5 min. Verlaag die hitte en voeg die aftreksel en room by. Roer tot die sous deurwarm is.
6 Voeg die kruie net voor opdiening by.
7 Sit voor met basmatirys, koljanderblare, klapper en amandels.
Rooi Rose
Lees Meer
Blitsige roomys
21/11/2024
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024
Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers
30/10/2024