Ons vertoon ook die dokumentêre rolprent, Advanced Style, deur Ari Seth Cohen. Dié dokumentêr belig die kreatiewe en speelse styl van ’n groep New Yorkse vroue wat die jare wegwuif. Jackie sal die bespreking oor die Mature Couture-verskynsel (soos in die artikel in ons Julie-uitgawe belig) lei, met Martie Pansegrouw, Suzanne Kotzé en Susra Matthee van rooi rose en ander stylkenners wat saam sal gesels.
Kaartjies kos R200 elk. Bespreek jou plek by www.caxtonevents.co.za
Daar is slegs ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.