1 Spuit ’n 28 cm x 20 cm-tertpan met kleefwerende kossproei.Glutenvrye kaas-en-tamatietert met amandelkors
Ingredients
Instructions
2 Sif die mele, Xanthum gum, sout en amandels saam in ’n mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meelmengsel in tot dit die tekstuur van broodkrummels het.
3 Gebruik ’n mes om 15 ml (1 e) van die water op ’n slag by die mengsel in te meng tot dit bymekaar kom.
4 Keer op ’n skoon werkvlak uit en knie liggies tot die deeg sag en glad is. Indien die deeg kraak, voeg ’n bietjie meer water by. Draai toe in kleefplastiek en laat rus vir 30 min. in die yskas.
5 Verhit die oond tot 200 °C. Rol die deeg tussen twee lae kleefplastiek uit tot 7 mm dik. Verwyder die boonste laag kleefplastiek, tel die deeg met ’n rolstok op en sit dit deegkant na onder in die tertpan. Verwyder die ander vel kleefplastiek en voer die tertpan met die deeg uit.
6 Sny ’n stuk bakpapier groter as die tertpan uit en frommel dit op (om dit sagter
te maak om makliker in die hoekies te gaan). Voer die deeg met die bakpapier uit en sit rys
of ander graan as gewiggies op die bakpapier.
7 Bak vir 15-20 min. tot die deeg droog is. Verwyder die bakpapier en rys en bak vir nog 10-15 min. tot liggoud. Laat afkoel.
8 Meng die pesto en bokmelkkaas. Meng die tamaties deur en skep in die tertkors. Geur na smaak.
9 Bak vir sowat 15 min. of tot die tamaties begin oopbars. Garneer met basiliekruidblare.