Juicy Couture is in 1995 deur twee vroue gestig met ’n skrapse $200. Vandag is dit besig om vinnig in ’n wêreldwye multimiljoen-dollar handelsmerk omskep te word. Hul eerste alleenstaande winkel open in Junie 2015 in Melrose Arch in Johannesburg.
Kopers kan die handelsmerk se eksklusiewe fluweel-sweetpakke, vrouedrag, kinderdrag asook handsakke en vele meer aanskaf.
Juicy Couture is ’n lekker, maar glansende modenaam en ’n gunstelling onder Hollywood-modebewustes. Hulle is veral bekend vir hul inovasie en ontwerp.
Maak seker jy maak ’n draai wanneer die winkel eersdaags open!