8 wenke vir die perfekte kaasbord
• Kaas moet by kamertemperatuur voorgesit word. Haal minstens een uur voor opdiening uit die yskas.
• Kies verskeidenheid kase. Die wat weet, sê daar behoort ’n harde kaas soos ses maande verouderde gouda en twaalf maande verouderde cheddar, ’n sagte kaas soos camembert en brie, en iets sterks soos bloukaas op ’n kaasbord te wees.
• Simonsberg se Simonzola is ook ’n slim keuse, want dit is subtieler vir diegene wat ’n “ligter” bloukaas verkies.
• Probeer ook laevet-roomkaas, dis heerlik lig en romerig.
• Bereken minstens 45 – 60 g kaas per persoon.
• Sit ’n verskeidenheid beskuitjies en/of brood saam met die kaas voor.
• Sit ingelegde vrugte, konfyt, atjar, blatjang of olywe saam met sterk kase voor.
• Versier die kaasbord met vars, kleurryke vrugte soos aarbeie, druiwe of vye.
8 van ons lekkerste resepte met kaas
Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas
New Yorkse bagels met salm en roomkaas
Glutenvrye kaas-en-tamatietert met amandelkors