Deeg Voorverhit die oond tot 200 °C. Geskroeide dubbelroomvla 1 Kook die room en kaneel vir 2 min. saam in ’n klein kastrol oor matige hitte. Laat staan vir 10 min. sodat die geure ontwikkel.Pruim-en-vye-tert met dubbelroomvla
Ingredients
Instructions
1 Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.
2 Meng die amandelmeel, volgraanmeel, psyllium husks, tiemie, sout en botter in ’n voedselverwerker tot krummels vorm.
3 Voeg die roomkaas by en meng tot ’n deeg vorm. Gooi uit op ’n strook kleefplastiek.
4 Druk platter met jou hande en draai die deeg toe. Sit vir ’n uur in die yskas.
5 Rol die deeg 5 mm dik uit op die bakplaat. Bak vir 15 min. Hou maar fyn dop, dit moet net begin verkleur.
6 Strooi eers die amandels oor, dan die pruime, vye en laastens die suiker.
7 Bak vir nog 15 min. tot goudbruin en gaar.
2 Klop die eiergele en suiker saam tot dik en liggeel. Gooi die room deur ’n sif by die eiermengsel in, roer deurentyd.
3 Gooi die eiermengsel oor in ’n skoon kastrol en kook oor lae hitte tot die vla begin verdik - dit neem nogal ’n tydjie.
4 Roer deurentyd. Gooi die vla in ’n vlak pannetjie met rande en sit in die yskas om te set.
5 Haal net voor opdiening uit en sprinkel die ekstra suiker bo-oor.
6 Skroei die suiker met ’n blaasvlam tot dit karamelliseer. Sit met die tert voor.