Verhit die oond tot 150 °C.Stadig geroosterde lamsblad op karamel-piekeluitjies
Ingredients
Instructions
1 Sit die piekeluitjies in die oondpan. Geur met sout en sprinkel olyfolie oor, hou eenkant.
2 Sit die lamsblad op ’n skoon werksvlak en sny met ’n skerp messie oraloor klein kepies in die vleis.
3 Druk ’n stukkie knoffel en ’n takkie roosmaryn in elke kepie. Vryf die hele blad in met Maldon-sout.
4 Sit die vleis op die piekeluitjies en sprinkel olyfolie oor. Bedek met foelie en bak vir 3½ tot 4 uur.
5 Haal die foelie af en bak verder by 170 °C tot die vleis murgsag is en met ’n vurk van die been afgetrek kan word.