Klassiek
Hierdie styl sal jy dikwels in films herken. Dit gee die gevoel van ’n plaas met perde en ’n kaggel in ’n houthuisie. Bo dra jy laag-op-laag van kenmerkende kraaghemde, truie, kantoorbaadjies en serpe. Onder word noupypbroeke in knielengtestewels gesteek.
Stadstyl
Die stadstyl kan effens meer vroulik gestileer word sodat dit nie lyk asof jy enige oomblik op ’n perd gaan klim nie. Eksperimenteer deur ’n minirok saam met ’n lang jas te dra. Speel met die lengte van jou rompe en dra dit saam met knielengte- of enkelstewels. Borduur- en appliekwerk word hierdie jaar ook op alles gesien. Gee ou klere nuwe lewe deur self die naald op te tel en ’n paar pronkpleistertjies aan te werk.
Wees op die uitkyk vir
- Borduur- en appliekwerk
- Warm kleure gemeng met ’n bruin of swart ondertoon
- Romantiese rokke
- Tartan en tweed
- Leerstewels
- Wolkouse
- Ruitpatrone
Agter die skerms
Fotograaf: Ricardo Simal
Digitale assistent: Luke Houba
Beligtingsassistent: Jesse Vos
Hare en grimering: Nandi Kai van Supernova
Model: Caitlin Lamb van Ice Models