“Ontwerp-tendense wys meer mense omskep badkamers in wegbreekplekke uit die vinnige lewenstempo. Dis nie meer net ’n plek waar jy tande borsel en stort nie. Dit is ’n toevlugsoord vir rus, kalmte en romanse, ” sê Debra Retief bemarkingsbestuurder by Tile Africa.
Bad
Die bad moet verkieslik vrystaande en in die middel van die ruimte wees. Kies ’n bad met mooi pootjies of ’n ovaal bad. Verlig die vertrek met lanterns en kerse.
Stort
Kies ’n stort met helder glas-deure om natuurlike lig in te laat. Skep ’n heerlike stortervaring met ’n stortkop wat meer as een spuit het en jou ontspanne en vertroetel laat voel.
Kleur
Teëls in sagte wit en room of pastelkleure soos dowwe pienke is ideaal vir ’n intieme ruimte.
Gebruik olies en bad-soute om jou bad-ervaring ’n heerlike bederf te maak. Gebruik romantiese beligting wat verstelbaar is vir jou hawe teen die geraas en gejaag van die wêreld.