Dit maak jou nie minder manlik as jy ’n skoonheidsroetine volg nie. Inteendeel, daar is niks daarmee verkeerd om na jou vel om te sien nie. Velsorg behels meer as om net soggens ’n bietjie naskeermiddel aan te wend. ’n Goeie velsorgroetine sal slegs ’n paar minute van jou tyd in beslag neem en dit sal jou help om ’n gesonde en ferm vel te behou. Ons besef dat daar baie velsorgprodukte vir mans op die rakke is en dit dalk moeilik kan wees om die regte produkte te kies. Daarom het ons vir Hannon Bothma en die vervaardigers van Nivea MEN gevra vir raad en wenke.
Hannon se wenke vir ’n goeie velsorgroetine
Mans wat nog nooit ’n velsorgroetine gevolg het nie, kan dit gerus in fases aanpak sodat dit nie oorweldigend is nie.
Fase 1
- ’n Basiese velsorgroetine vir ’n man sluit in ’n reiniger, ’n saamtrekmiddel om die vel te balanseer nadat jy geskeer het, en ’n olievrye vogroom wat ’n SBF van ten minste 30 bevat.
Fase 2
- Bo en behalwe die bogenoemde basiese produkte sal hy ook baat vind daarby om een keer ’n week sy vel met ’n skroproom te skrop. Dit sal die vel meer sprankelend laat vertoon en help met ingroei-baardhare.
- Vanaf 21-jarige ouderdom begin mans se eerste tekens van veroudering wys, dus moet mans dan reeds begin om ’n oogroom te gebruik.
Fase 3
- Sodra ’n man dan hierdie tweede fase van ’n velsorgroetine bemeester het, kan hy ’n kollageen-serum aanskaf en onder sy vogroom begin aanwend. Kollageen is die spreekwoordelike fontein van jeug, want dit hou jou vel soepel en voorkom vermindering van fermheid waar jou vel en nekarea begin losser raak.
Probeer hierdie produkte
Hoekom verskil mans se skoonheidsprodukte van die van vroue?
Die vervaardigers van Nivea Men sê behalwe vir die feit dat mans se velle dikker is as vroue s’n, is die tekstuur ook sterker. Mans produseer ook meer Sebum (olie) as vroue en oortollige sebum veroorsaak aknee, daarom sukkel mans meer met aknee as vroue. Mans het ook ’n hoër kollageentelling as vroue, daarom verouder vroue se vellevinniger as mans s’n. Dit is baie belangrik vir mans om van jongs af te kyk na hul velsorgroeitine.
Nivea Men se raad
- Hou jou vel skoon. Reinig ten minste 2 keer per dag
- Gebruik ’n goeie bevogtiger
- Moet nie vergeet van jou sonskerm nie
- Indien jy baie jou baard skeer, is dit belangrik dat jy ’n goeie skeermiddel gebruik wat jou vel sal beskerm
#rrwenke
- Gebruik ’n saamtrekmiddel (toner) nadat jy geskeer het. Dit sal help om die vel te kalmeer en branderigheid wegvat.
- Kry vir jou ’n bevogtiger wat ’n sonskerm bevat
- Onthou om gereeld deur die dag jou sonskerm aan te wend
Met ’n bietjie dissipline kan jy maklik jou skoonheidsroetine onder die knie kry.
Lees ook: Testosteroonaanvullings vir mans: Is dit iets wat hy moet oorweeg?